Lukashenko vat (weer) verkiesing
Belarus se leier en Russiese bondgenoot Alexander Lukashenko het sy bewind van 31 jaar verleng na verkiesingsbeamptes hom vandag as die wenner van ‘n presidensiële verkiesing verklaar het. Hy het geen ernstige uitdaging van die vier ander kandidate op die stembrief gehad nie en sommige het hom selfs onderskry. Hy het 86,8 persent van die stemme op hom verenig. Europese politici het gesê die verkiesing was nie vry of regverdig nie, want onafhanklike media is in die land verbied en alle vooraanstaande opposisiefigure is óf tronk toe gestuur óf gedwing om na die buiteland te vlug.