Kuberveiligheid kry hupstoot

Inligtingminister Emma Theofelus het haar tevredenheid uitgespreek met die ministerie se implementering van geoormerkte programme vir die 2024/2025-boekjaar. Die inligtingministerie se totale begrotingstoewysing was 703 miljoen Namibiese dollar, waarvan 25 miljoen dollar vir kapitaalprojekte gebruik is. Een van die projekte is ‘n toepassing, I-Secure Bot, wat die publiek se vrae oor kuberveiligheid antwoord. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Vanessa Maresch, ‘n bemagtigingspesialis by Salt Essentials IT, wat gehelp het om die toep te ontwikkel.