Kenner nie entoesiasties oor sukses van suiwelmeesterplan

Namibië se suiwelbedryf het aansienlik gekrimp en melkproduksie het in 5 jaar met 35 persent afgeneem. Die aantal melkboere het gedaal van 27 in 2017 tot net vier in 2022, volgens ‘n verslag van die landbouministerie. Hoë voer- en vervoerkoste jaag produksiekoste op en maak plaaslike suiwel minder mededingend as invoere. Die ontwikkeling van ‘n Nasionale Suiwelmeesterplan sal na verwagting die afname in melkproduksie omkeer, die bedryf stabiliseer en nasionale voedselsekerheid verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landboukenner, Wallie Roux gepraat wat nie veel vertroue in die meesterplan het nie.