Katutura-inwoners betoog, sê RedForce is korrup January 27, 2025

Die Katutura-inwonerskomitee gaan om nege-uur vanoggend protesaksie loods oor die kontrakte wat verskeie dorpe met die skuldinvorderaar RedForce gesluit het. Die betoging sal by die Teenkorrupsie-kommissie se kantore afskop oor die vertraging in ondersoeke na korrupsie-aantygings teen RedForce. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die komitee se woordvoerder, Shaun Gariseb, wat meer besonderhede gee.