Hooggeregshof verwerp agt aanklagte teen Nafiz Modack
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het agt van die 124 aanklagte teen die vermeende onderwêreldleier, Nafiz Modack, en sy 14 medebeskuldigdes van die hand gewys. Regter Robert Henney het beslis die verhoor vir die moord op die polisiespeurder Charl Kinnear en poging tot moord op die prokureur William Booth gaan voort. Die Wes-Kaapse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê hulle word aangekla van moord, bendebedrywighede en geldwassery.