Erongo-streek het steeds kommer oor watervoorsiening
Die landbouministerie bied ‘n prestasie-oorsigwerksessie van die derde kwartaal van die 2024/25-boekjaar op Swakopmund aan. Die werkswinkel het ten doel om na al die streke te kyk, en hul uitdagings en spesifieke streekbehoeftes aan te spreek. Die Erongo-streek se goewerneur, Neville Andre, het in sy toespraak gesê ten spyte van die Orano-ontsoutingsaanleg, worstel die streek steeds met watervoorsiening aan inwoners.