Dood van SA soldate in DRK ‘is Cyril, verdedigingminister se skuld’
Die EFF sê president Cyril Ramaphosa en die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, moet aanspreeklik gehou word vir die dood van nege soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die nege was onder 13 vredesmaglede wat deur M23-rebelle doodgemaak is. Die EFF-parlementslid, Carl Niehaus, het aan Newzroom Afrika gesê die SANW-soldate wat in die DRK ontplooi is, het te min hulpbronne en is nie voorbereid vir die gevaar wat die goed toegeruste M23-rebelle inhou nie.