Braaibroodjies is peperduur

Die Suid-Afrikaanse ekonoom Johann Biermann se jongste braaibroodjie indeks is bekend. In sy jongste ontleding sê hy dat die koste van ‘n braaibroodjie, wat hy as almal se gunsteling kos beskryf, het verlede jaar met 2,2 persent gestyg. Biermann het toe ‘n ontleding gedoen van bestanddele van die braaibroodjie en sê die Januarie-koste van ‘n enkele braaibroodjie, met blatjang, beloop 19 Suid-Afrikaanse rand en 33 sent. Ook, in die afgelope vyf jaar het die koste van ‘n braaibroodjie met 9,8 persent jaarliks gestyg.