Boorgate moet teen einde Februarie geregistreer wees
Die Namibiese Landbou-unie herinner boere dat die sperdatum vir boorgatregistrasies al hoe nader kom. Die proses moet einde Februarie voltooi wees. Die registrasie is nodig ingevolge die nuwe Waterwet. Produsente moet aansoek doen om water te onttrek, ‘n boorgat te besit en moet ook aandui waar hulle boorgate op hulle grond het. Die lynministerie poog om beter beheer te hê oor die gebruik van ondergrondse water regoor die land.