Auschwitz uitwissingskamp 80 jaar gelede bevry

Die Auschwitz uitwissingskamp is vandag 80 jaar gelede bevry, met ‘n paar van die enkele oorlewendes wat seremonies by die berugte Nazi kamp bywoon. Auschwitz was die grootste van die doodskampe en het die simbool geword van Nazi-Duitsland se volksmoord op 6-miljoen Europese Jode. Een-miljoen Jode en ‘n honderd-duisend nie-Jode het tussen 1940 and 1945 in hierdie kamp gesterf. Die Poolse president Andrzej Duda het saam met oorlewendes kranse by die kamp gelê.