Trump sê hy glo Amerika ‘sal Groenland kry’
President Donald Trump sê hy glo Amerika sal beheer oorneem oor Groenland nadat hy hernude belangstelling getoon het om die outonome Deense gebied aan te skaf. Hy het Saterdag aan verslaggewers op Air Force One gesê die eiland se 57-duisend inwoners wil deel van Amerika wees. Die eerste ministers van Groenland en Denemarke het egter beide vroeër gesê die eiland is nie te koop nie. Groenland lê op die kortste roete tussen Noord-Amerika en Europa, wat dit strategies belangrik maak vir die VSA. Dit huisves ook ‘n groot Amerikaanse ruimte-instelling.