Namibië moet droogte-kwesbaarhede aanspreek
High Economic Intelligence se jongste verslag oor die 2024/25-reënvalseisoen sê die voortslepende droogtetoestande in Namibië maak van 2025 ‘n kritieke jaar om landbou- en waterverwante kwesbaarhede aan te spreek. Met die huidige reënvalseisoen wat reeds patrone van langdurige droogte weerspieël, staar die land groter dringendheid in die gesig om veerkragtigheid teen hierdie herhalende klimaatsuitdagings te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence met kennis van landbou.