Namcor, BW Kudu vorder met Kudu-gasveld planne

Namcor en sy gesamentlike ondernemingsvennoot BW Kudu is daartoe verbind om die gas-tot-kragprojek vanaf die Kudu-gasveld te ontwikkel. Namcor sê in ‘n verslag dit sal dien as ‘n nasionale strategiese projek om die energiebehoeftes van Namibië en buurlande op te los. Hulle is op koers om die veldontwikkelingsplan teen die tweede kwartaal vanjaar aan die energieministerie voor te lê. Daarbenewens berei hulle voor vir ‘n evalueringsboorveldtog van tot twee boorgate, wat geskeduleer is om in die derde kwartaal te begin.