Ontwikkelingsbank behaal 86% voldoeningsindeks-telling

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n 86 persent voldoeningsindeks of BB-gradering vir 2024 behaal, van die Vereniging van Afrika Ontwikkelingsfinansierings-instellings. Dit is hoër as die vorige resensie se 82 persent telling en onderstreep die bank se verbintenis tot bestuursuitnemendheid, finansiële stabiliteit en impakvolle ontwikkeling. Die gradering beklemtoon die bank as ‘n betroubare instelling wat aan voorbeeldige bestuur en bedryfstandaarde voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Auguste Fabian, die bank se handelsmerk-bemarkingspesialis.