New York-werkers kan dalk afkry om siek diere te versorg

Die stadsraad van New York gaan wetgewing oorweeg wat werkers sal toelaat om betaalde siekverlof te neem om siek troeteldiere en diensdiere te versorg. Die raadslid Shaun Abreu, wat die verordening ingedien het, sê die verandering kan die gesondheid verbeter van beide troeteldiere en hulle eienaars. Studies toon interaksie met diere verlaag vlakke van die streshormoon kortisol en bloeddruk. Navorsers het bevind diere kan eensaamheid verlig, gevoelens van maatskaplike steun verhoog en mens se gemoedstoestand verbeter.