Natuurlike hulpbronne moet reg bestuur word: Uutoni

Minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê Namibië se ryk natuurlike hulpbronne vereis doeltreffende bestuur, regulering en strategiese bevordering om hul volle potensiaal te bereik. Dit sluit in olie, groen waterstof en ander energiebates. Hy sê baie lande, veral in Afrika, het geleer dat swak toesig dikwels die verwagte ekonomiese voordele van sulke hulpbronne belemmer. Uutoni het gepraat by die amptelike opening van die Streeks- en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsbeleid-valideringswerkswinkel. Hy het ook beklemtoon dat innoverende maniere gevind moet word om die kreatiwiteit en energie van die jeug te ontwikkel as sleutel-bydraers tot ekonomiese ontwikkeling.