Eskom vier mylpaal-dieselbesparings van R16,4-miljard

Eskom vier ‘n 62,4-persent dieselbesparing vergeleke met verlede jaar weens verbeterde opwekkingskapasiteit. Die mylpaal is bereik terwyl beurtkrag vir 303 dae opgeskort bly, wat neerkom op tien maande se ononderbroke kragvoorsiening. Die kragverskaffer sê hoewel beurtkrag opgeskort is, sukkel hy tans met netwerk-oorbelading in sekere gebiede weens onwettige verbindings, vandalisme, meterpeutering, ongeoorloofde netwerk-operasies, diefstal van netwerktoerusting, en die aankoop van elektrisiteit van ongelisensieerde verkopers. Hy vra die publiek om onwettige verbindings te vermy en dit by die owerhede aan te meld.