Richelieu Eagles-groep vir Oman aangekondig
Die Namibiese krieketkeurders het ‘n 16-tal aangekondig om die Richelieu Eagles by die IKR Krieket Wêreldbeker Liga 2-toernooi van 8 tot 16 Februarie in Oman te verteenwoordig. Hulle sal teen die gashere en die Verenigde State meeding. Gerhard Erasmus, wat 10de is op die IKR se T20 veelsydige ranglys, lei ‘n goed gebalanseerde groep van jeug en ervaring. Erasmus speel tans vir die Gulf Giants in die DP Wêreld Internasionale Liga T20-toernooi in die Emirate en is in goeie vorm. ’n Groot voordeel vir die Eagles is die terugkeer van hul voorste pasbouler, Ruben Trumpelmann, ná ’n lang beseringsaflegging. Net die eerste vier spanne in die toernooi sal deurdring na die finale Wêreldbeker 2027-kwalifikasie.