Onderwys neem stappe teen vervalsing van skoolrapporte
Die onderwysdirekteur van Kavango Oos, Christine Shilima, sê haar kantoor neem kennis van die bewerings teen leerders wat na blykbaar hulle rapportkaarte vervals het om deur te kom. The Villager berig dat drie skole, Dr. Romanus Kampungu, Dr. Romanus Kamunoko en die Ndama Gekombineerde Skool betrek word. Shilima sê die leerders sal hulle grade moet herhaal. Sy voeg by dat nog skole betrokke kan wees en ‘n ondersoek is van stapel gestuur. Volgens The Villager dui verslae ook daarop dat Addy’s Photo Studio in Kehemu nasionale dokumente en akademiese kwalifikasies vervals het, wat individue in staat stel om op bedrieglike wyse by sekondêre skole en hoër instellings aansoek te doen.