Nigeriërs betaal 50% meer vir data, selfoondienste

Selfoon- en data-intekenaars in Nigerië sal nou meer moet opdok nadat die regering ‘n 50 persent verhoging in tariewe goedgekeur het, terwyl die land worstel met een van sy ergste lewenskoste-krisisse in dekades. Die reguleerder vir die bedryf, die Nigeriese Kommunikasiekommissie, het gesê tariewe het sedert 2013 dieselfde gebly in Afrika se vierde grootste ekonomie. Die styging sal verdere druk op Nigeriërs plaas en hulle worstel reeds met inflasie wat op ‘n byna 30-jaar-hoogtepunt van 34,8 persent staan.