Blitsbokke klop Amerika in laaste minuut

Rugby: Ronald Brown se drie in die doodsnikke het die Blitsbokke gered van ʼn rampspoedige begin in die sewestoernooi in Perth. Suid-Afrika het Amerika 24-19 geklop nadat hulle tot die laaste minuut 17-19 agter was. Ricardo Duarttee en Quewin Nortjé het vroeg gedruk vir die Blitsbokke, maar Impi Visser se geelkaart halfpad deur die eerste helfte was die keerpunt. Will Chevalier het twee keer gedruk en Amerika was rustyd 14-12 voor. Die Blitsbokke speel later vandag teen die gashere, Australië, en môreoggend teen Argentinië.