Belangrike HPV-entstof op pad na openbare gesondheidsentrums

Die gesondheidministerie het begin met die verkrygingsproses vir die menslike papillomavirus-entstof, of HPV-entstof, om dit wyd bekend te stel as ‘n metode om servikale kanker te voorkom. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, sê hulle gaan tans deur die nodige regulatoriese en voldoeningsprosesse. Die entstof beskerm teen HPV, wat sekere soorte kankers kan veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, die Kankervereniging van Namibië se uitvoerende hoof.