Sesnasies sal vanjaar 20-minute rooikaart gebruik

Rugby: Die 20-minute-rooikaart word vanjaar die eerste keer in die Sesnasies gebruik nadat dit in die November-toetse op die proef gestel is. Dit beteken ‘n span kan na 20 minute ʼn speler vervang wat met ʼn rooikaart afgestuur is. ʼn Permanente rooikaart sal egter geld indien ʼn oortreding as doelbewus of baie gevaarlik beskou word. Die Sesnasies se hoof van rugby, Julie Paterson, sê die reëlverandering en ander proefnemings vorm deel van maatreëls om aspekte van die spel en toeskouers se ervaring te verbeter.