Northern Tannery in Ondangwa steeds nie operasioneel
In 2020 het die Namibië Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, privaatsektor-ondernemings en kommersiële entiteite gevra om deel te neem aan die opgradering en bedryf van die Northern Tannery-fasiliteit in Ondangwa. Die fasiliteit, wat deur die handelsministerie besit word, is gestig om beeshuide te looi om werksgeleenthede te skep, en om kwaliteit sekondêre leerprodukte te vervaardig. Die looiery is steeds nie in werking nie. Die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge en ekonomie het die looiery saam met die ministerie besoek. Pinehas Shinyala, hoofekonoom by die handelministerie, sê daar’s nog baie geld nodig.