Noord-oostelike riviere styg effe

Die Zambezirivier by Katima Mulilo het van 0,63 meter gister tot 0,66 meter vanoggend toegeneem. Die watervlak is baie laer as die tyd verlede jaar, toe dit 1,42 meter hoog was. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het met 5 sentimeter tot 5,51 meter gestyg. Dit is effens laer as die 5,79 meter verlede jaar dieselfde tyd. Die Kunenerivier by Ruacana het gisteroggend ‘n vloei van 321,78 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrift aan die Benede Oranjerivier het vanoggend onderskeidelik 0,36 meter en 0,38 meter gemeet.