Namcol is ‘n opsie vir swak eksamen-prestasie
Altesaam 40 757 voltydse kandidate het verlede jaar vir die Gewone Vlak nasionale eksamens geregistreer, terwyl 12 031 kandidate vir die AS-vlak geregistreer het. Dit beteken nie eens die helfte van die kandidate wat die eksamen geskryf het, het vir AS-vlak gekwalifiseer nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Freedy Kaukunjua, die kommunikasie- en bemarkingsbestuurder by Namcol, wat leerders wat nie gekwalifiseer het nie of hul uitslae wil verbeter, aanmoedig om by die instelling te registreer.