Daures lewer eerste oes op

Die eerste komkommer-oes van die Daures Groenwaterstof-dorp is nou beskikbaar in kleinhandelwinkels aan die kus. Die projek bedryf ‘n klimaatbeheerde kweekhuis met gevorderde besproeiingstelsels, wat doeltreffende produksie van hoëgehalte-gewasse moontlik maak. Die kweekhuis kan potensiaal jaarliks tot 500 ton produkte lewer, onder andere tamaties, soetrissies, spinasie en kool. Die produksie sal koolstofvry wees en groenwaterstof word gebruik om ammoniaksulfaat kunsmis te produseer. Kosmos 94. 1 Nuus het gesels met dr. Lutz-Heiner Otto, die besigheidsontwikkelingsbestuurder vir landbou en waterstof by Daures oor wateruitdagings.