Britse seun, 14, vas vir moord op seun, 12
‘n Veertien-jarige seun is in hegtenis geneem weens vermoedelike-moord, ná ‘n noodlottige messteek in Birmingham. Die polisie is Dinsdag ontbied nadat daar berig is ‘n 12-jarige seun is in die maag gesteek. ‘n Lid van die publiek het die seun gesien en paramedici het hom op die toneel behandel. Hy is hospitaal toe geneem, maar is ‘n paar ure later dood. Die 14-jarige verdagte is Dinsdagaand vroeg in hegtenis geneem en hy bly in aanhouding.