Toerismesyfers vir 2024 bekend, vertoon goed

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het hul jaarlikse toerismestatistieke vir 2024 vrygestel. ‘n Algehele nasionale kamerbesetting van 54,48 persent is aangeteken, byna 3 persent hoër as in 2023. Dit is ook 1 persent hoër as in 2019, voor die wêreldwye pandemie die toerismesektor byna laat ineenstort het. Verskeie markte het ook gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat meer inligting gee.