SARB kan met 50 basispunte verlaag, daar’s ruimte
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal sy jongste repokoersbesluit op 30 Januarie aankondig. Die repokoers is tans 7,75 persent, na koerse in 2024 met altesaam 50 basispunte verlaag is. Projeksies deur Business Tech lui dat geen besnoeiings in die tweede kwartaal van die jaar verwag word nie, en nog twee 25 basispunt-verlagings word in die derde en vierde kwartale verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Roelof Botha, ‘n finansiële adviseur by Optimum Group, wat sy voorspelling oor die repokoers gee.