Pole vra sy landsburgers om VSA te verlaat

Pole se eerste minister, Donald Tusk, het landsburgers in Amerika gevra om huis toe te kom en beloof om dit te bemiddel nadat Donald Trump ingehuldig is as president. Trump het beloof om miljoene ongedokumenteerde migrante uit Amerika te sit. Die regering in Warskou sê byna 10-miljoen Amerikaners het in 2012 verklaar hulle het Poolse agtergronde, wat dit die land se grootste diaspora in die buiteland maak. Tusk het Poolse konsulate opdrag gegee om voor te berei vir die moontlike gevolge van die nuwe Amerikaanse administrasie se besluite wat Poolse burgers raak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *