Trump: EU moet outonomie handhaaf
Frankryk en Europa loop gevaar dat die beleid van die Amerikaanse president Donald Trump hulle kan oorheers, onderdruk en marginaliseer, indien hulle dit aanvaar. Dit is die mening van die Franse eerste minister, Francois Bayrou. Hy sê Amerika het besluit op ‘n oorheersende politieke beleidsrigting, soos blyk uit die beleid van die inkomende administrasie oor die dollar, nywerheid en belegging. Die Franse president Emmanuel Macron het selfs voor Trump se verkiesing die belangrikheid daarvan beklemtoon dat Europa ‘n “strategiese outonomie” moet handhaaf deur minder afhanklik van Amerika te wees, veral ten opsigte van verdediging.