Maltahöhe maak skoon
’n Opruimingsveldtog-kompetisie vind Saterdag in Maltahöhe plaas en die publiek word aangemoedig om hul spanne te registreer. Deelnemers sal help om die dorp skoon te maak in ‘n gesamentlike poging om hul omgewing te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met een van die organiseerders, Piet Bamm, wat sê die hoofdoel is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid daarvan om die gemeenskap skoon en volhoubaar te hou.