Lof vir internskap belastingvoordeel, maar…
Wetgewing oor die internskap belastingaansporing-program is amptelik in die staatskoerant gepubliseer en is nou van krag. Dit het ten doel om werkgewers aan te moedig om meer interns in diens te neem. Die program sal na raming die regering 126 miljoen Namibiese dollar kos. Reaksie is ontvang van arbeidskenner Herbert Jauch, wat sê internskappe alleen sal nie werkloosheid verminder nie.