Living Earth Expo is in April terug
Die Living Earth Expo is ‘n projek deur Living Earth Namibia se Projekte-vrywilligersvereniging. Die eerste ekspo is in 2023 by die Waldorfskool in Windhoek gehou, met meer as 60 uitstallers, 47 praatjies en baie aktiwiteite. Die volgende ekspo word vir 25 en 26 April beplan met 120 uitstallers en 80 boerestalletjies. Daar word ook gewerk aan ’n galadinee en permakultuurtoekennings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Yolanda Nel, Living Earth Namibia se mediaskakelbeampte en inhoudskepper, wat meer oor die ekspo verduidelik.