Karton-gesigte kikker eensame sonvis op
Personeel by ‘n Japannese akwarium het met ‘n kreatiewe manier vorendag gekom om ‘n eensame sonvis op te beur. Die sonvis het in Desember 2024 siek geword toe die Kaikyokan-akwarium in Shimonoseki vir opknappingswerk gesluit is. Volgens personeel is hierdie spesifieke sonvis nuuskierig en sou hy tot voor in sy tenk swem wanneer daar besoekers was. Die vis het ‘n dramatiese verbetering getoon nadat karton-gesigte en akwarium-uniforms op hangers aan die glas van sy tenk vasgeplak is.