Huwelikswet tragies vir Mbumba se nalatenskap – Hopwood
Die Huwelikswet van 2024, of die sogenaamde Jerry-wet, is in Staatskoerant gepubliseer en verbied die erkenning van selfdegeslag huwelike, insluitend dié wat wettiglik in ander lande uitgevoer is. Dit definieer ook die huwelik as ‘n verbintenis slegs tussen ‘n man en ‘n vrou. Dit plaas die wetgewer in jukstaposisie met die regbank. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê hy is verbaas dat die wet onderteken is.