Eskom mik na jaar sonder beurtkrag

Suid-Afrika het Maandag teen middernag 300 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag beleef en Eskom skryf dit toe aan die Opwekkingsherstelplan. Die kragverskaffer sê hierdie mylpaal is gekenmerk deur ʼn aansienlike afname in onbeplande kragonderbrekings, ʼn verbetering van sowat sewe-persent in die energiebeskikbaarheidsyfer en dieselbesparing van ongeveer 16,42-miljard Suid-Afrikaanse rand. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hulle konsentreer daarop om teen middernag op 26 Maart ʼn jaar sonder beurtkrag te bereik.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *