Djokovic klop Alcaraz, haal 50ste Grand Slam-halfeindstryd

Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, het die jong Spanjaard Carlos Alcaraz verras om die voorlaaste ronde van die Australiese Ope te bereik. Die tienmalige kampioen het die eerste stel 4-6 aan die wêreld-nommer-drie afgestaan, maar daarna algaande beheer oor die wedstryd geneem. Die 37-jarige Serwiër het die volgende drie stelle 6-4, 6-3, 6-4 ingepalm om sy 50ste Grand Slam-halfeindstryd te haal. Djokovic speel volgende teen die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev van Duitsland, wat die Amerikaner Tommy Paul in vier stelle geklop het in hulle kwarteindstryd.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *