Biden dwarsboom Trump-beloftes, Trump onttrek uit Parys, WGO

Die uittredende Amerikaanse president, Joe Biden, het vooraf-kwytskelding aan die voormalige Covid-19-raadgewer Anthony Fauci en oudgeneraal Mark Milley gegee om hulle te beskerm teen polities-gemotiveerde vervolgings tydens die Trump-administrasie. Hy het ook voorkomende kwytskelding uitgereik aan sy broers, James en Francis, sy suster Valerie, en hul gades. Hy het nie kwytskelding aan Julian Assange gegee nie. Intussen het president Donald Trump die land onttrek aan die Parys-ooreenkoms en die Wêreldgesondheidsorganisasie. Hy het kwytskelding gegee aan 1 500, 6 Januarie-protesteerders en ‘n noodtoestand op die grens aangekondig. Die VSA sal voortaan net twee geslagte erken.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *