Beslag gelê op 31 000t erotiese heuning

Franse doeanebeamptes sê daar is verlede jaar beslag gelê op ‘n rekord 31 000 ton onwettig ingevoerde heuning wat as ‘n natuurlike seksuele aanvulling beskou word. Die pakkies heuning of jellie word dikwels in die geheim verkoop in nagklubs en ander gewilde naglewe-plekke. Die gebruik van die “eroties-stimulerende heuning” het toegeneem in die afgelope jaar. Die heuning bevat dikwels chemiese produkte soos sildenafil of tadalafil, die hoofbestanddele in middels soos Viagra en Cialis, wat in Frankryk slegs op voorskrif beskikbaar is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *