Agt bejaardes sterf in ouetehuis-brand in Belgrado

Agt mense is dood en sewe beseer in ‘n brand by ‘n ouetehuis buite Belgrado wat volgens owerhede deur brandstigting veroorsaak is. Die Serwiese staatstelevisie berig daar was 30 mense in die huis toe die brand in die vroeë oggendure uitgebreek het. Die vlamme is vinnig geblus en al die beseerdes is na hospitale in Belgrado geneem. Een vrou is in ‘n ernstige toestand. Die brand is glo deur een van die inwoners gestig, wat onder diegene was wat omgekom het. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *