Styging in olieprys behoort nie ‘n verrassing te wees nie
Reaksie word ontvang op berigte dat Deutsche Bank sê Brent ru-oliepryse moontlik tot 87 en 90 Amerikaanse dollar per vat kan styg as Russiese olieproduksie met ‘n miljoen vate daagliks oor die tweede tot vierde kwartaal ontwrig word. Die Amerikaanse tesourie het Vrydag nuwe sanksies teen die Russiese energiesektor aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het die bekende ontleder Dawie Klopper gepraat. Hy sê daar is nie werklike rede tot groot kommer nie.