Shelton beëindig Monfils se Australiese Ope

Tennis: Die Amerikaner Ben Shelton het die Franse veteraan Gael Monfils uitoorlê om ‘n kwarteind-afspraak beklink met die Italianer Lorenzo Sonego, wat die Amerikaanse tiener Learner Tien, se feëverhaal op die Australiese Ope beëindig het. Die 22-jarige Shelton en Monfils, wat 16-jaar ouer as hy is, het sake hou-vir-hou uitgespook, totdat ʼn poegaai Monfils in die vierde stel die stryd gewonne gegee het. Shelton het 7-6, 6-7, 7-6, 1-stroop gewen nadat die eerste drie stelle elkeen langer as ʼn uur geduur het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *