Prosper en Afrexim onderteken ooreenkoms vir Afrika-VSA-handel

Prosper Africa en Afreximbank het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om handel tussen Amerika en Afrika in kritieke sektore soos skeppende nywerhede, minerale en tekstiele te versterk. Die koördineerder van Prosper Africa, British Robinson, sê die vennootskap sal handelsgeleenthede mobiliseer, werk skep en kulturele uitruiling bevorder. Sleutelareas van samewerking sluit in SME-ondersteuning, toegang tot kapitaal en strategiese geleenthede. Die visepresident van Afrexibank Intra-Africa Trade and Export Development, Kanayo Awani, het intussen die potensiaal van die vennootskap onderstreep om ekonomiese groei en vernuwing vir Amerika, Afrika en die wêreldwye diaspora te ontsluit. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *