Djokovic sien uit na môre se wedstryd teen Alcaraz
Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, sê hy verwag Dinsdag ʼn taai stryd teen Carlos Alcaraz in die kwarteindronde by die Australiese Ope. Die Serwiër is ná sy vierde-ronde-sege van 6-3, 6-4, 7-6 teen die Tsjeg, Jiri Lehecka, steeds op dreef om ʼn rekord 25ste Grand Slam-titel op te raap. Alcaraz het deurgedring nadat die Brit, Jack Draper, weens ʼn heupbesering onttrek het. Die Spanjaard het drie van sy sewe wedstryde teen Djokovic gewen. Djokovic sê hy sien na die kragmeting teen Alcaraz: