Namibië is sedert 2008 poliovry, maar…

Namibië is sedert 2008 poliovry en werk hard om dit so te hou. Die primêre stelsel vir die opsporing van poliovirusoordrag behels toesig vir gevalle van akute slap verlamming. Toesig word volgens die Wêreld gesondheidorganisasie oor alle streke en distrikte geïmplementeer onder die Geïntegreerde Siektetoesig- en Reaksieraamwerk. Gesondheidswerkers in alle gesondheidsfasiliteite het die taak om aktief na hierdie gevalle te soek en te verseker dat monsters van vermeende gevalle vir laboratoriumontleding versamel word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gesondheidminister, dr. Kalumbi Shangula, wat sê dat indien enige gevalle ooit aangemeld word, sal die ministerie gereed wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *