Ekonoom sê oor kriptobate-magtiging deur BoN
Nog reaksie word ontvang op die gemagtiging van vier entiteite deur Bank van Namibië om vir ses maande betalings- en virtuele batedienste in die land te verskaf. Finatic Technologies en United PayPoint het voorlopige magtiging ingevolge die Wet op Betaalstelselbestuur ontvang. Kragtens die Wet op Virtuele Bates, is Mindex Virtual Asset Exchange en Landifa Bitcoin Trade gemagtig om as virtuele batediensverskaffers op te tree. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Max Rix, die hoof van beleggings by Simonis Storm. Hy sê dis beduidend.