Twin Peaks se David Lynch sterf

David Lynch, die Amerikaanse filmmaker wie se werke die surrealistiese kultusklassieke Mulholland Drive en Twin Peaks insluit, is op 78-jarige ouderdom oorlede. Lynch se dood is deur sy familie op sy amptelike Facebook-blad aangekondig. Lynch het in Augustus verlede jaar onthul hy sukkel met emfiseem, ‘n chroniese longsiekte, van baie jare se rook. Hy het drie Oscar-benoemings vir beste regisseur ontvang vir sy werk op Blue Velvet, The Elephant Man en Mulholland Drive. Hy het in 1990 die gesogte Palme d’Or by die Cannes-rolprentfees vir Wild at Heart gewen. Sy werk is by die Oscars in 2020 erken toe hy ‘n ere-akademietoekenning ontvang het. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *