NSRI bedank student wat vrou red van verdrinking

Die Nasionale Seereddingsinstituut het ‘n 20-jarige student bedank vir sy heldhaftige poging om ‘n 52-jarige vrou te red wat vasgevang was in ‘n sleurstroom by Die Poort in Mosselbaai in die Suid-Kaap. Jaco du Plessis het na wat berig word ingeswem om haar by te staan nadat omstanders alarm gemaak het. Craig Lambinon van die NSRI sê nooddienste het gehelp om die vrou strand toe te bring. Hy sê die vrou is in die hospitaal behandel maar is later ontslaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *